
Namakwa Filmfees
“Sterre onder die sterre”
1 - 4 September - Soebatsfontein Boomkamp
Om jou sitplek te verseker by die heel eerste Namakwa Filmfees, klik nou dadelik op die knoppie hieronder en voltooi ons maklike registrasie vorm.
Sluit asseblief 'n epos-adres in, waarheen ons u registrasie besonderhede en kaartjie kan stuur.
Welkom by die heel eerste Namakwa Filmfees! Van 1 tot 4 September 2025 verwelkom ons jou in die prentjiemooi dorpie Soebatsfontein, in die hartjie van die Namakwa Nasionale Park, vir ’n feestelike viering van Afrikaanse rolprente, kultuur en musiek.
Hierdie unieke fees, moontlik gemaak deur die Nasionale Film en Video-stigting (NFVF) in samewerking met verskillende plaaslike en nasionale rolspelers, bied daagliks tussen 10:00 - 18:00 ’n keur van Afrikaanse rolprente, met die ondersteunende vergunning van KykNET.
WELKOM IN SOEBATSFONTEIN
Oupa Dries (Andries Theunissen) is een van Soebatsfontein se mees geliefde inwoners en dierbare steunpilaar van die gemeenskap. Gebore en getoë in Soebatsfontein, het hy lewenslank daar gewoon en sy gesin in die afgeleë dorpie grootgemaak.
Die wêreld het vir die eerste keer behoorlik van Soebatsfontein kennis geneem toe Oupa Dries tydens ‘n radio-onderhoud met Quinton Adams van die Shackbouer-organisasie ingebel het en hulp versoek het om ’n huisie van sy eie te bou. Hierdie oproep het ’n span na Soebatsfontein gebring om die inwoners te ontmoet en ondersteuning te bied. Oupa Dries is ’n toegewydde veewagter wat gereeld na die pos toe trek om sy kudde te versorg. Hy is met trots ambassadeurs van die Namakwa Filmfees en versinnebeeld die hart en siel van Soebatsfontein.